Fyn motoriese vaardighede is die vaardighede nodig vir ñ kind om vinnig en vaardig met sy/haar hande te kan saamwerk! Hierdie vaardighede ontwikkel vanaf die hantering van GROOT objekte (blokkies bou) na KLEINER objekte (knope vasmaak) wat meer ingewikkelde bewegings verg.
Dit is belangrik om te onthou dat grootspiere eerste sterk en goed ontwikkeld moet wees voordat ons, ons kleiner spiere akkuuraat en met goeie koördinasie kan gebruik!
Die lyf verkry eers beheer oor gewrigte en spiere naby aan die midlyn (soos romp en skouers). Hierdie gewrigte noem ons dié proksimale gewrigte. Daarna volg beheer oor die gewrigte verder van die midlyn soos die elmboog, gewrig en vingers (distale gewrigte).
Dit is uiters belangrik om te onthou dat STABILITEIT is eers nodig voor MOBILITEIT en gekontroleerde bewegings verkry kan word!
Kinders begin met groot growwe bewegings en daarna fyner meer selektiewe bewegings!
‘n Kind wat swak grootspiere het asook swak skouer, elmboog en gewrig stabiliteit het, sal sukkel met goeie gekontroleerde fyn motoriese bewegings!
Om daai proksimale gewrigte stabiel te kry doen oefeninge wat gewig op die skouers, elmboë en gewrigte plaas.
Hier volg ‘n paar idees vir skouer stabiliteit:
- kruiwaloop
- toutrek
- dierelope (leopard crawl, beerloop, kraploop)
- muur handstands
- “plank”
- trampolien spring
Recent Comments